The number of female Surgeons around the world are increasing, including South Africa.
FHF

Home | Contact Details  
First Health Finance - Plastic Surgery
Medical Loan Application
Refer a Friend
About Us
Why Choose Us
Testimonials
Our Promise
Statistics
In The Press

In The Press

Finansier só 'n nuwe profiel


Kosmetiese prosedures is deesdae nie meer iets om weg te steek nie. En vir dié met dun beursies is daar selfs nou 'n maatskappy in Suid-Afrika wat geld vir jou nip en tuck kan voorskiet, het Carla van Niekerk uitgevind.

Jy het dalk al gewens jy kan jou neus laat kleiner maak of van daardie saalsakke ontslae raak.

Dit was egter nie vir jou beskore nie, omdat jou mediese fonds nie daarvoor betaal nie.

Sedert First Health Finance (FHF) sowat agt maande gelede in Suid-Afrika bekendgestel is, kan jy nou jou kosmetiese chirurgie finansier.

FHF is 'n maatskappy wat mense die kans bied om aansoek te doen om verskeie betaalopsies vir mediese prosedures wat nie deur hul mediese fondse gedek word nie.

Borsprosedures is die gewildste operasie wat FHF finansier. Foto ter illustrasie: AngloGold Ashanti

Mnr. Jason Sive, direkteur van FHF, sê die drie grootste industrieë wat in dié kategorie val, is kosmetiese snykunde, tandheelkundige prosedures en Lasik (laser-chirurgie vir jou oë).

"Die dokters ontvang die geld voor die prosedures. Daar is geen ekstra papierwerk van hulle kant af nodig nie. Mediese praktisyne verwelkom dit," sê hy.

Sive sê FHF se kliënte het dan tussen ses tot 24 maande tyd om hul terug te betaal, afhangend van die prosedure se koste.

Daar is ook geen boetes as jy die lening vroeër afbetaal nie.

"Dit is moeilik om presies te sê wat die rentekoers is, want dit verskil op grond van die persoon se risikoprofiel. Maar ons probeer om 'n beter rentekoers te bied as wanneer 'n persoon sy kredietkaart sou gebruik."

Volgens Sive is 80% van hul kliënte vroue. Die meeste prosedures wat gedoen word, is kosmeties.

Hy sê borsoperasies is beslis die gewildste.

Tummy tucks, veral ná swangerskappe, en liposuctions is ook baie in aanvraag.

FHF het ook 'n "slegs vroue"-inbel?sentrum om hul vroulike kliënte gemaklik te laat voel, sê Sive.

"Ons het goeie verhoudings met verskeie dokters in die land en kan pasiënte raad gee. Maar dit is steeds 'n pasiënt se keuse na watter dokter sy wil gaan."

Volgens Sive is baie van hul kliënte hardwerkende, moderne vroue van 30 jaar en ouer.

"Jare terug was plastiese chirurgie iets wat in die geheim gedoen is. Vroue het op 'n ander plek gaan herstel en gesê hulle was met vakansie," sê Sive.

Maar dié situasie het intussen verander. "Daar is ook nou baie mans wat vir hul vrouens of verloofdes (se operasies) betaal."

Vir meer inligting, skakel FHF by 0800 212 537 of besoek www.fhf.co.za om aansoek te doen vir finansiering.

Vóór jy aan jou lyf laat sny, dink mooi

Dr. Jean Loftus, 'n plastiese chirurg en skrywer van The Smart women's guide to plastic surgery, sê jy moet die volgende in ag neem wanneer jy 'n plastiese chirurg kies en 'n operasie oorweeg:
  • Is die personeel vriendelik, hulpvaardig en akkommoderend wanneer jy bel om die afspraak te maak? As hulle nie vóór die operasie is nie, sal hulle vir seker ook nie ná die tyd wees nie.
  • Is die dokter stiptelik?
  • Maak seker jy verstaan die prosedure, risiko's en alternatiewe.
  • Vra die dokter hoe lank dit gaan neem om te herstel.
  • Weet wat die dokter se realistiese verwagting van die chirurgie is.
  • Sal jy wakker wees of slaap tydens die operasie?
  • Vra om foto's te sien van ander pasiënte wat dieselfde operasie ondergaan het. Jy mag ook vra om met hulle te praat.
  • As die operasie langer duur, sal jy ekstra moet betaal?
  • Vind ook uit of jy vir opvolgbesoeke moet betaal.
View this article online.

First Health Finance Company Reg. No 2006/035331/07 Tel: (021) 421 8508 E-mail info@fhf.co.za
Apply Now! | Contact Us | Disclaimer | Search Engine Marketing by R.O.I.Media
First Health Finance understands that not everyone can afford plastic surgery. This is why we want to provide you with the opportunity to improve your self confidence with our plastic surgery loans. Our loans vary in price from R4000 to R40, 000, therefore every surgery is considered. Loans are paid directly to the medical practitioner and the surgeons, cutting out any middleman involved. We offer a wide variety of surgical loans such as
for rhinoplasty, breast implants, liposuction and more. Whichever surgeries you have dreamed of having, we can provide the finances for you. Let us answer your questions. So apply now or contact us telephonically, and let your dreams become a reality.

Refer a Friend & Win!

Think one of your friends may be interested in the FHF payment plan? Refer them now, and earn R300 if they use our payment plan. It's as simple as completing the information below!
From:  
Your Name:
Your Email:
To:  
Friend's Name:
Friend's Email:
  captcha
Security Code:
  Please fill in the above code
exactly as it appears.